Home

The Women’s World day of Prayer is a global ecumenical movement of Christian women. In more than 170 countries, they come together on the first Friday in March to join in prayer and action for peace and justice. The World day Prayer brings together women of various races, cultures and churches in fellowship and understanding.

In South Africa the first World Day of Prayer service was held in March 1930 in the Sea Point Congregational Church. In 1946 a National Committee for Southern Africa was established. Members of this Committee are nominated by a variety of church leadership.

Participation in South Africa is of the best in the world. We praise and thank the Lord for the faith, the need for prayer and the devoted interest in World Day of Prayer revealed by so many Christians in our country! The national office in South Africa also distributes programs to Botswana, Lesotho, Namibia, Swaziland and Zimbabwe. More than 100 000 women participate annually in this celebration day. In reviewing the many years World Day of Prayer has been celebrated in South Africa, our hearts are lifted in gratitude. "To God be the Glory !"

About our Logo

The symbol for World Day of Prayer was developed by the women of Ireland and adopted as the international logo in 1982. Its design is made up of arrows converging from the four points of the compass, persons kneeling in prayer, the Celtic cross, and the circle, representing the world and our unity through all our diversity.

Na twee jaar van wêreldwye ontwrigting kan die hele kerkgemeenskap weer kop oplig en kan ons weer uitsien na ‘n heerlike Wêreldbiddag vir Vroue op 4 Maart. Die Tema vanjaar, “Ek weet wat Ek vir jou beplan….” Uit Jeremia 29 stel ons gerus en maak ons opgewonde oor die feit dat God in beheer is en bly.

Ons ondervind almal probleme in ons daaglikse lewens. Ons voel soms self soos ballinge. Covid-19 het die hele wêreld onherroeplik verander. Mense het hul werk verloor, familielede verloor en sukkel om ‘n bestaan te maak. Miljoene mense oor die hele wêreld is in ballingskap nadat hulle hul lande moes verlaat as gevolg van oorlog, vervolging, vrees of honger. Ander is op gevaarlike en moeilike reise op die see in bootjies of oor berge om ‘n nuwe lewe te bou. Sommige mense is eensaam en hulle kinders en vriende het hulle verstoot. Miljoene leef in armoede, is blootgestel aan geweld en het hoop verloor. Vir die meeste is die kanse gering dat hulle in die nabye toekoms “huis toe” kan gaan. Ons, in Suid-Afrika, het ons eie donker tyd leer ken. Ons land gaan gebuk onder ongekende geweld teen vroue en kinders, misdaad verlam ons. Die Julie-onluste van verlede jaar en die vernietiging van ons geliefde land deur misdaad, korrupsie en gierigheid, maak ons moedeloos en steel ons hoop. God wil ons, sy kinders, gebruik om eerstens na Hom te draai en ons verhouding met Hom te hernu. Ons moet ons bekeer, vergifnis vra en Hom aanbid. Ons moet die Heilige Gees toelaat om ons te lei om die vrug van die Gees, waarvan liefde die grootste is, in ons gemeenskappe uit te leef. God vra ons om vir ons dorpe te bid en hoop te bring vir mense wat God nie ken nie.

Ons nooi jou om saam met Christene in meer as 170 lande en streke wêreldwyd, op 4 Maart by jou plaaslike Gemeente in te skakel vir hierdie wonderlike gebedsgeleentheid.

Are you part of this wave of prayer which sweeps the country every year,

from north to south and from east to west ?